Twee van sewe ontsnapte verdagtes weer gevang

Deel hierdie storie / Share this story

Twee van die sewe ontsnapte gevangenes is weer in hegtenis geneem ná die implementering van ‘n 72-uur-aktiveringsplan sedert hul aangemelde ontsnapping uit die Makhanda-gevangenis (voorheen Grahamstad) by Waainek Dinsdag.

Die sewe gevangenes het op Dinsdag 18 Oktober 2022 omstreeks 04:00 onder omstandighede, wat deel vorm van die ondersoek, uit ‘n gevangenis op Makhanda ontsnap.

‘n Deurbraak is dieselfde dag gemaak toe ‘n ontsnapte, Bennet Kwarrie, weer naby Bloemfontein in hegtenis geneem is.

Op Woensdagaand 19 Oktober 2022 omstreeks 22:00, het ‘n gesamentlike taakspan van die SAPD en korrektiewediensbeamptes weer ‘n tweede gevangene, Simba Masinga, in die bosse naby Committees in hegtenis geneem.

Masinga se inhegtenisname bring die aantal ontsnaptes, wat nog op vrye voet is, op vyf te staan.

Die polisie waarsku die gemeenskap dat hierdie ontsnaptes gevaarlik is en nie genader moet word nie; die polisie moet gekontak word.

Enigiemand met inligting oor waar enige van hierdie ontsnaptes is, word versoek om die ondersoekbeampte, speurkaptein Glen Peter by 082 301 9427 of #CrimeStop of die naaste polisiestasie te kontak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.