‘n Naakte man, met sy hande wat met kabelbinders agter sy rug vasgebind, is Woensdagoggend gevind waar hy op die N3-Durban-lyn oorkant die Pavilion-winkelsentrum in Westville gelê het.
Shawn Herbst, Netcare 911 se woordvoerder, sê ‘n verbygaande motoris het die persoon opgemerk.
“Toe paramedici op die toneel aankom, het hulle ’n heeltemal naakte, gekneusde en bloeiende volwasse man gevind wat nie gereageer het nie.
“Sy hande was met kabelbinders agter sy rug vasgebind.”
Herbst het gesê die man het kritieke beserings opgedoen en het skaars asemgehaal.
Nadat hy gestabiliseer is, is die man hospitaal toe geneem.
Omstandighede wat tot die voorval gelei het, sal deur die Westville-SAPD wat ook op die toneel was, ondersoek word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



