Seun (10) se familie gesoek na ma glo vir moord gearresteer is

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Tienjarige seuntjie van Verulam in KwaZulu-Natal se familie word dringend gesoek na hy Woensdagmiddag verlore deur ‘n beampte van Reaction Unit South Africa (Rusa) in die strate gevind is.

Volgens Rusa het die 10-jarige Sanele Bhengu in Russomstraat in Verula rondgeloop toe ‘n Rusa-beampte op hom afgekom het.

Die seun is ‘n leerling by Cottonlands Primary School en woon in Hazelmere.

Sy ma is glo die naweek vir sy pa se moord in hegtenis geneem. Hy het sedert sy ma se inhegtenisname by sy oom in Ndwedwe gewoon en het op pad huis toe na skool verdwaal.

Die seun kon geen verdere besonderhede verskaf nie.

Enigiemand met inligting kan Rusa by 086 1234 333 kontak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel