Werksgeleentheid: Pakhuisbestuurder by Wildeklawer Boerdery

Deel hierdie storie / Share this story

Wildeklawer op soek na ‘n Pakhuisbestuurder vir ‘n nuwe generasie wortel-en-beetpakhuis, wat kunsmatige intelligensie(KI) as tegnologie gebruik. Die pakhuis, is toegerus met van die mees gesofistikeerde pakhuis toerusting.

Die pos behels:

  • Die verpakking van wortels en beet aan sleutel kliente en alle markte met die KI toerusting, wat die kern vorm van die pakhuis
  • Gebruik nuwe generasie tegnologie om die beskikbare oes se versending te optimiseer, in samewerking met die verkoopsspan
  • ‘n Goed opgeleide span sal die geskikte kandidaat ondersteun ten einde die deurlopende voorsiening van die kleinhandel en markte te verseker
  • Die optimale bestuur van personeel, toerusting, prosesse, en finansies vir maksimale winsgewendheid in die verpakking en prosessering van produkte
  • Kwaliteitsbestuur van inkomende en uitgaande produk
  • Bestuur van die gesondheids en veiligheids program van die pakhuis

Vereistes:

  • ‘n Toepaslike kwalifikasie
  • ‘n Bedryfsingenieurs-graad sal as sterk aanbeveling dien
  • Toepaslike ondervinding van sowat 6 jaar in ‘n soortgelyke pos

Vergoeding: ‘n Mededingende vergoedingspakket, gemeet aan kwalifikasies en ondervinding en

gerugsteun deur aantreklike byvoordele.

Stuur volledige CV aan:  [email protected] Navrae: Theresa Lategan 053 531 9725

Sluitingsdatum:  28 Oktober 2022

Indien u nie binne dertig dae na die sluitingsdatum van ons verneem het nie, moet u aanvaar dat u aansoek nie suksesvol was nie.