Die Iranse rotsklimmer, Elnaz Rekabi, het Woensdagoggend ‘n heldeontvangs gekry toe sy in Tehran land na sy in Suid-Korea aan ‘n kompetisie sonder haar hidjab deelgeneem het.
Dit volg na vals gerugte dat sy in Seoul deur die Iranse ambassade gearresteer is in Seoul en vroeg teruggestuur is na Iran om moontlik na die Evin-gevangenis gestuur te word.
Elnaz Rekabi het met haar terugkeer verduidelik dat sy reeds op Instagram gesê het dat sy nie aspris deelgeneem het sonder ‘n hidjab nie. Sy het glo vergeet om haar hidjab op te sit nadat sy onverwags vir deelname geroep is.
Sy het ook gerugte dat niemand geweet het waar sy is nie ontken en gesê dat haar terugkeer na Iran volgens plan verloop het.
Bronne: The Canadian Press, Sky Sports
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Kommer oor Iranse atleet Elnaz Rekabi wat glo verdwyn na sy sonder hijab deelneem in Seoul



