Voormalige polisiebeampte glo betrokke by bendeverkragting

Deel hierdie storie / Share this story

’n Voormalige adjudant-offisier van Krugersdorp is in hegtenis geneem in verband met die grusame bendeverkragting en roof wat in Julie plaasgevind het.

Dolphina Truter is Dinsdag gearresteer in verband met die bendeverkragting van agt vroue by die West Village-mynhoop in Krugersdorp. Truter was deel van die filmspan.

Die rolprentspan is deur ongeveer 60 vermeende onwettige mynwerkers aangerand tydens die skietery en agt vroue is verkrag.

‘n Grimeersak wat aan een van die verkragtingslagoffers behoort, is in Truter se besit gevind.

Volgens die polisie het dit verdag voorgekom dat sy en haar dogter die enigste vroue was wat nie op die toneel verkrag is nie. Truter was saam met haar seun en dogter teenwoordig tydens die skietery.

Die musiekvideo-vervaardiger het glo aan News24 gesê dat slegs swart vroue in die aanval geteiken is.

Truter het Woensdag 12 Oktober in die Krugersdorp-landdroshof verskyn en is van regsverydeling en diefstal aangekla.

Sy is met ’n waarskuwing vrygelaat terwyl die ondersoek voortduur.

Truter sal na verwagting aansluit by die 14 verdagtes wat van verkragting aangekla word wanneer hulle op 28 Oktober na die hof terugkeer.

Vorige oortreding

In 2015 is Dolphina Truter en haar kollega, konst. Carmen Herren Doefer, gearresteer omdat hulle na bewering oorfone van ‘n selfoonwinkel in Craddlestone Mall gesteel het.

Hulle het glo die gesteelde goedere in hul polisie-uniformbroeke versteek. ‘n Winkelassistent het dit gesien en die winkel se sekuriteit ontbied. Die twee is van diefstal aangekla in dieselfde hof waarheen Truter later vandeesmaand sal terugkeer.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel