Het jy geweet dat rooipeper verskeie gesondheidsvoordele inhou?
Erge hoofpyne
Erge hoofpyne kom voor wanneer daar ‘n vernouing in bloedsirkulasie in jou kop plaasvind. Volgens ‘n analise wat in Alternatives to Animal Experimentation gepubliseer is, kan rooipeper help om erge hoofpyne te verlig.
Metabolisme
Een van die aktiewe bestanddele in rooipeper, kapsaïsien, bevorder metaboliese aktiwiteit in die bloed. Kapsaïsien kan jou metabolisme tot 20% opstoot vir ure na jy dit ingeneem het.
Bloeddruk
Rooipeper is hoog in potassium en laag in sodium, wat kan help om jou bloeddruk te verlaag.
Verligting van pyn
Kapsaïsien help ook om korttermyn en langtermyn pyn te verlig. In sommige situasies kan dit selfs beter as ibuprofen help.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



