DA vat glo Louis Liebenberg hof toe oor ‘rassistiese’ uitlatings

Deel hierdie storie / Share this story

Louis Liebenberg is glo in die moeilikheid oor “rassistiese” uitlatings wat die naweek aanlyn versprei het en waaroor in Rapport berig is.

Liebenberg het glo gesê gesê die apartheidsregering moes Soweto met ‘n atoombom uitgewis het. Hy het na bewering ook gereeld die “k-woord” in die stemboodskappe gebruik.

Liebenberg en sy prokureurs het gesê die stemboodskappe is vervals deur sy “vyande”.

In reaksie op die verslag het die DA gesê hulle sal ‘n klag by die gelykheidshof lê om te verseker dat Liebenberg “tot verantwoording geroep word vir sy veragtelike uitlatings”.

“Die DA veroordeel ten sterkste enige vorm van diskriminasie, insluitend rassisme, wat geen plek in ons samelewing het nie.”

Liebenberg en Zuma is glo goeie vriende, met die sakeman wat Zuma se Nkandla-opstal besoek het en onlangs R500 000 belowe het om die voormalige president se private vervolging van die Nasionale Vervolgingsgesagsadvokaat Billy Downer en News24-joernalis Karyn Maughan te finansier. Hy het vroeër vanjaar vir Zuma twee Nguni-koeie geskenk.

Bronne: Times LIVE, VN Explorer

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Jacob Zuma berei voor om joernalis en staatsaanklaer aan te vat