Baba dood, ma kritiek nadat kameelperd hulle vertrap

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Ma (25) is ernstig beseer en haar 16 maande oue baba dood nadat ‘n kameelperd hulle vanmiddag by die Kuleni Game Park, Hluhluwe, in KwaZulu-Natal vertrap het.

Lt.kol. Nqobile Gwala, provinsiale polisiewoordvoerder in KZN, sê die ma en haar baba was by die wildspark waar hulle vertrap is. Die baba is na ‘n nabygeleë dokter se spreekkamers gehaas waar sy dood verklaar is en die ma wat in ‘n kritieke toestand is, is vir nodige mediese behandeling na ‘n hospitaal geneem.

Omstandighede wat tot die voorval gelei het, word ondersoek. ‘n Geregtelike doodsondersoeksaak is geopen en word deur die Hluhluwe-polisiestasie ondersoek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel