17-jarige vermis ná sy geleentheid na skool mis

Deel hierdie storie / Share this story

Openbare bystand word benodig om die 17-jarige Mishka Seebran op te spoor. Seebran is ‘n inwoner van Jacarandalaan in Mountview, KZN.

Volgens Reaksie Eenheid Suid-Afrika (Rusa) was haar pa onbewus daarvan dat sy nie by die skool opgedaag het nie. Seebran is ‘n graad 11-leerling aan Sekondêre Skool Mountview en het glo Maandagoggend haar geleentheid waarmee sy skool toe sou ry, gemis.

Haar pa het aangeneem dat sy by die skool was, maar het bekommerd geraak toe sy nie teruggekeer het nie.

Haar vriende het bevestig dat hulle haar nie die dag gesien het nie en het nie geweet waar sy is nie. Haar selfoon is afgeskakel en pogings om haar te kontak, was onsuksesvol.

Rose Bud Petal sê: “Pray she’s not in any danger,, god bring her home safely, whatever the case, poor parents must b going thru hell, hoping she returns on her own, if eloped.”

“Hi, good morning to all that commented on this child. Let’s treat this child like she’s our own. I pray she is safe wherever she is. Let’s us all pray for her safe return to her family and stop this judgement thing. Dear child maybe u are reading this, I beg u to return home to ur parents. If u are scared then there are people out there that can council u. I pray to God for ur safe return home. I can just imagine wat ur parents are going through,” skryf Ruby Singaram.

As iemand inligting oor Seebran het, kontak asseblief Reaksie Eenheid Suid-Afrika (Rusa) by 086 1234 333.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel