Die liggaam van ‘n vrou is Saterdag 15 Oktober 2022 om ongeveer 20:15 in Olieboomstraat, Schaapkraal, Philippi gevind.
Sers. Wesley Twigg, provinsiale polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, sê die liggaam van ‘n vrou, vermoedelik in haar 20’s, is gevind. Sy is op die toneel dood verklaar. ‘n Geregtelike doodsondersoekdossier is deur Philippi-polisie geregistreer om die oorsaak van haar dood vas te stel.
Enige persoon met inligting wat kan help met die saak word versoek om kontak te maak met die ondersoekbeampte, speurder sersant Bangile Mhlakaza by 073 375 8791 of met Stop Misdaad by 08600 10111.
Die oorledene se naasbestaandes het hulle ontsteltenis en hartseer so op verskeie Facebook-bladsye verwoord:
“Gisteraand (Saterdagaand) het ons die verpletterende nuus ontvang dat ons stiefpa se dogter (stiefsusuter) brutaal vermoor is en haar liggaam langs Olieboomstraat in Schaapkraal weggegooi is.”
“Zahraa was ses maande swanger en dit is nie okay nie. Dit was ‘n wrede, onmenslike manier vir Zahraa om te gaan. Sy het dit nie verdien nie.”
“Haar naam sal onthou word. Ons sal nie rus totdat geregtigheid geseëvier het nie. En vir die vark wat besluit het om na my stiefsuster te kyk en te besluit om haar lewe te eindig asof jy God is. Jy sal nie hiermee wegkom nie, ons sal nie dat Zahraa net nog ‘n statisiek wees nie.”
“Sy sal onthou word, haar naam was Zahraa Muller. Sê haar naam. Ek kan nie eers dink hoe Zahraa vir haar en haar ongeborene moes veg nie….”
“Geregtigheid vir my suster en haar ongebore baba!”
“Ons versoek enigiemand met inligting om na vore te kom. Deel die plasing sodat die sluldige gevind word.”
“Zahraa was a sweet, kind, beautiful, caring and joyful soul and so very reserved, she was pleasant to always be around and she will be missed dearly…”
Zahraa was 20 jaar oud.
Bronne: Rizqah Cato, Shamiela Dollie, Kaylynn Lewin-Erasmus
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



