‘n Jong man is in die vroeë oggendure van Saterdag 15 Oktober 2022 vermoor.
Volgens ‘n verklaring deur Kroonstad-buurtwag het hulle ‘n noodroep van ‘n buurtwaggroep gekry van ‘n messteekvoorval in Thesenstraat. Nooddienste en die SAP is ontbied na die toneel ontbied.
Die 23 jarige Wesley Marais is gevind, noodlottig gewond, nadat hy van sy selfoon en beursie beroof is.
Besonderhede van die presiese gebeure is nog nie bekend nie.
Weens die sensitiwiteit van die saak en uit respek vir die ouers is die voorval aanvanklik van die media weerhou.
“My liefste seun. Ek gaan jou ongelooflik baie mis. ELKE DAG! Elke dag as ek vir Mac wag lunchtyd, ons geselsies voor hy kom. Jy was ‘n pragtige kind. Dat jy op 23-jarige ouderdom weggeneem is, maar baie dankie Here vir die 23 jaar wat ek jou kon hê en liefhet. Ek is so baie lief vir jou en sal altyd wees. Rus in vrede,” het sy ma, Nicolene Kotze op Facebook geskryf.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



