Kyk video: Oftalmoloog verwyder 23 kontaklense uit pasiënt se oog

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Pasiënt in haar middel-70’s het by dr. Katerina Kurteeva se praktyk in Newport Beach, Kalifornië aangeklop met klagtes van pyn en dat sy nie kan sien nie.

In wat as net nog ‘n besige Maandag beskryf is, het vinnig interessant geraak toe hierdie pasiënt, wat elke dag kontaklense dra, opdaag en sê sy voel daar is iets in haar oog wat sy nie kan uitkry nie.

Die praktyk vra bejaardes om jaarliks ‘n roetine-ondersoek te laat doen, maar haar paisënt het vir twee jaar nie die oftalmoloog besoek nie.

Tydens die ondersoek is die pasiënt gevra om ondertoe te kyk en die dokter kon die kante van ‘n paar kontaklense, wat aan mekaar vassit, sien.

Soos wat die dokter dit begin verwyder het, het sy nog raakgesien en haar assistent gevra om haar selfoon aan te gee om die verwydering af te neem.

In hierdie stadium het die lense in ‘n kettingreaksie uit die pasiënt se oog gekom. Die oftalmoloog het gesê sy het in 20 jaar in haar praktyk nog nie so iets gesien nie.

Die pasiënt het onmiddellike verligting gevoel nadat 23 kontaklense uit haar oog gehaal is.

Die video, wat deur die oftalmoloog geneem is, is op sosiale media gesit en het viraal geraak en oor 1 miljoen kyke gehad.

Bron: California Eye Associates, Business Insider US, Sky News

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel