‘n Voetganger is Donderdagmiddag beseer toe hy in Irelandstraat, Verulam, in KwaZulu-Natal deur ‘n houtpaal wat van ‘n bakkie losgekom het, getref is.
Reaction Unit South Africa (Rusa) sê die bestuurder van ‘n rooi Ford Bantam-bakkie het hulle omstreeks 13:27 vir bystand gekontak.
Die bestuurder het Rusa glo ingelig dat hy verskeie houtpale agter op sy bakkie vervoer het. Een van die pale het losgekom en ‘n voetganger op sy kop getref.
Die man is na ‘n hospitaal geneem vir behandeling.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



