Die gewilde apteek- en gesondheidsdienste-kettinggroep Dischem is in die spervuur nadat ‘n dokument oor rasbenadelende indiensneming- en bevorderingspraktyke uitgelek en as eg bevestig is.
Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het hom gisteraand op Solidariteit se Facebook-blad uitgespreek oor hierdie “rasbrief” wat onder Dischem-personeel sirkuleer waarin Ivan Saltzman, die hoof- uitvoerende beampte van Dischem, sê ‘n moratorium is op die aanstelling van wit individue geplaas. Dit sluit ook interne bevorderings in.
Personeel is verbied om die brief te laat uitlek, maar dit het helaas in die hande van Solidariteit beland. Dirk Hermann, wat eers gedink het dat dit vals nuus is, het bevestig dat Solidariteit se regspan aan Dischem geskryf het en kan bevestig dat die brief wel eg is. Die regspan het aan Dischem bevestig indien die brief se inhoud water dra, Solidariteit sal litigeer.
Die brief is intussen volgens Hermann teruggetrek en hy waarsku dat Dischem genoeg Solidariteitslede het om die maatskappy dop te hou indien hulle sou oorweeg om voort te gaan met so ‘n beleid.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



