Man, vrou en baba dringend gesoek

Deel hierdie storie / Share this story

Die grootouers van klein Kiara Basson is dringend op soek na haar en haar ouers, Claude Basson en Bonita Meyers.

Hulle word sedert 10 Oktober (Maandagoggend) vermis en is laas in Parys, Vrystaat by ‘n taxistaanplek gesien.

“Ons kan nie besonderhede van die omstandighede bekend maak nie, maar dit is uiters belangrik om Kiara te vind. Die ouers het hul selfoon verkoop, so ons twyfel of hulle hierdie pleidooi sal sien om Kiara terug te gee. Indien jy die gesin sien, kontak asseblief vir Marius by 0733352344 of Christene by 0738905683.”

“Julle hoef net vir Kiara terug te gee,” smeek die familie.