Ashlin Hadden, ‘n enkelma van twee seuns en twee katte, moes weggaan vir besigheid en het besluit om intussen haar badkamer te laat oordoen.
In ‘n video op TikTok het sy verduidelik sy was in haar badkamer op soek na een van haar katte ná die opknapping.
Sy het ‘n krapgeluid van die muur af gehoor en ‘n stuk van die dry wall uitgebreek en besef haar kat was vir drie dae in die muur vasgekeer.
Haar video het baie aandag getrek met verskeie mense wat haar gekritiseer het omdat sy haar katte by die huis gelos het terwyl daar aan haar huis gewerk is.
@ashlinhadden #fail #alwaysAshlin #funnyvideos #funny #contractor #singlemom #singlemom #foryoupage ♬ original sound – Ashlin Hadden
Bronne: Jacaranda FM, Talk Radio 702, TikTok
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Student dood na agtervolger haar glo voor trein instoot



