Unie vra Rampahosa vir ekstra betaalde publieke vakansiedag

Deel hierdie storie / Share this story

Die Federation of Unions of South Africa (Fedusa) het gesê hulle leiers het aan president Cyril Ramaphosa geskryf om te vir ‘n ekstra betaalde publieke vakansiedag in Desember die jaar.

Die unie het gesê dat werkende Suid-Afrikaners vanjaar net 11 van die 12 betaalde publieke vakansiedae sal kan geniet, want Kersfees val dié keer op ‘n Sondag.

Die Wet op Openbare Vakansiedae beslis “wanneer enige publieke vakansiedag op ‘n Sondag val, die volgende Maandag ‘n publieke vakansiedag sal wees”.

“Gevolglik sal Maandag 26 Desember, Welwillendheidsdag, buite die toepassingsgebied van die Wet op Publieke Vakansiedae val,” het Fedusa gesê.

Dus wil hulle hê die regering moet dit oorweeg om 27 Desember ‘n betaalde publieke vakansiedag te maak.

Bronne: IOL, The Citizen

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Internet onderbreek in Iran te midde van optogte