‘n Britse man het onlangs ‘n groot skok gekry toe hy sien Uber het hom $40 000 gevra vir ‘n rit van 15 minute. Dit was ‘n tegniese fout.
Die Britse koerant The Independent het berig dat leerlingsjef Oliver Kaplan ‘n Uber bestel het nadat hy ‘n skof in Groter Manchester voltooi het. Die bestuurder het hom na ‘n kroeg in Ashton-Under-Lyne, sowat vier myl daarvandaan, geneem.
Kaplan het gesê hy is tussen £10 en £11 ($11,05 en $12,16) vir die reis gekwoteer – maar is die volgende dag deur Uber in kennis gestel dat sy bankrekening onvoldoende fondse het om die finale bedrag van £35 427,97 ($39 152) te dek.
Nadat hy Uber se kliëntediensspan gekontak het, is Kaplan uiteindelik meegedeel dat die aflaaiplek vir die rit in Australië is. Die maatskappy het die tarief na £10,73 aangepas toe die fout besef is.
Kaplan het aan The Independent gesê die fout is reggestel voordat enige geld vir die 15 minute rit uit sy bankrekening geneem is.
Uber het gesê hulle is “jammer vir die ongerief”.
Bronne: Fortune, The Daily Cable
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Brug tussen Rusland en Krim aangeval, 8 gearresteer



