‘Dame Angela Lansbury’ sterf vyf dae voor 97ste verjaarsdag

Deel hierdie storie / Share this story

Angela Lansbury (96) is Dinsdagoggend om ongeveer 01:30 rustig in haar slaap in haar huis oorlede.

Sy word veral na ‘n beroep van 75 jaar vir haar rolle as aktrise in musikale teater en televisie vir Murder, She Wrote en Beauty and the Beast onthou.

Deur die jare was sy vir menige toekenning benoem – en sy het heelwat van hulle ontvang – Oscars, Tonys, Emmys en Golden Globes.

Haar heel eerste rol as 17-jarige in 1944 het haar ‘n Academy Award-nominasie as beste ondersteunende aktrise besorg.

In 2014 het Koningin Elizabeth II haar as Dame Commander of the Order of the British Empire bekroon.

Sy laat twee kinders, Anthony Shaw en Deidre Shaw, sowel as Peter Shaw, ‘n seun uit ‘n vorige huwelik by haar oorlede man, Peter Shaw, en drie kleinkinders agter.

Bronne Variety en NBC

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel