Jan Bloukaas kry ‘verrassing’ na eerste bestralingsessie

Deel hierdie storie / Share this story

Die sanger Jan Bloukaas is na sy eerste bestralingsessie deur susters by die hospitaal verras met ‘n liedjie vir sy verjaarsdag.

Hy het ‘n video op sy Instagram-profiel gedeel.

Jean du Plessis, die sanger se regte naam, het onlangs die nuus dat hy breinkanker het op ‘n emosionele video op sy Instagram gedeel.

Du Plessis se opnames vir sy nuwe album was intussen eers gestaak, maar hy was vasbeslote om die album te voltooi voor hy met die behandeling begin.

Du Plessis het bekendheid verwerf met sy 2017-treffer Kaas Bra en het sedertdien die verhoog met van die land se grootste kunstenaars gedeel.

Hy het in die video verduidelik dokters het onlangs ‘n groot gewas op sy breinstam gevind, maar dat dit nie chirurgies verwyder kan word nie. Hy gaan wel bestraling ontvang.

“Ek is nie bang vir hierdie gewas nie. Hy groei in my brein, nie ek in syne nie en ek weet God staan soos ʼn reus agter my. So ouens, hoe ookal hierdie geveg eindig, hy’s reg gewonne,” sê die sanger in die video.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel