Vyftien AK47-gewere, ses jaggewere, twee haelgewere en een R5-geweer, bokse vol ammunisie, plofstowwe en ‘n onbekende som geld is wat die polisie op Stilfontein Maandag gekonfiskeer het toe hulle op vermeende onwettige myners toegeslaan het.

Kol. Katlego Mogale, polisiewoordvoerder, sê die polisie het op die myners toegeslaan na hulle vir weke lank dopgehou is.
Altesaam 20 verdagtes is vroeg Maandagoggend in hegtenis geneem.
Volgens kol. Mogale bestaan die moontlikheid vir meer inhegtenisnames. Die verdagtes sal Woensdag in die hof verskyn op verskeie aanklagte.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



