Dieretuin plaas foto van leeu wat kameelperd verorber

Deel hierdie storie / Share this story

Die Ostrava-dieretuin, in die Tsjeggiese Republiek, het opslae gemaak na hulle bekendgemaak het dat hulle die karkas van ‘n kameelperd vir die vleisetende diere gevoer het.

Hulle het ook ‘n foto gedeel van ‘n leeu wat die kameelperd vreet nadat die dier van kant gemaak is.

Šárka Nováková, woordvoerder van die Ostrava-dieretuin, het gesê: “‘n Negentienjarige wyfie het vanmiddag ineengestort – sy het geval, kon nie weer opstaan ​​nie en het gesukkel om asem te haal.”

Die amptelike verklaring het voortgegaan: “Klinies het alles op hartversaking gedui. As gevolg van die algehele toestand, hipoksie, ouderdom en stres van die dier, is genadedood toegepas. ‘n Daaropvolgende outopsie het perikarditis, hoeveelheid galafskeiding in die hartholte en nekrose op die oppervlak van die slap hartspier getoon.”

Die plasing het kritiek ontlok van kykers wat benoud was om die grafiese uitbeelding te sien. Ander het gesê dis die siklus van die lewe en dis goed dat hulle die karkas nie net weggegooi het nie.

Bronne: International Business Times, Mirror

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Harvey Weinstein weer in die hof