‘n Britse tiener het in Mexico gesterf na hy vroeër die maand slegs drie happe van ‘n burrito met sesamsade geneem het.
Joe Dobson (19) het by ‘n restaurant in Playa del Carmen gaan eet toe hy ‘n allergiese reaksie ontwikkel het. Dobson, wat allergies is vir sesamsade, eiers, melk en grondboontjies, het verskeie kere in Spaans en Engels vir die restaurantpersoneel gesê om nie sesamsade in sy kos te sit nie.
Dobson het selfs die eerste buritto wat hy ontvang het, teruggestuur omdat hy gedink het daar is sesamsade in is. Toe hy die nuwe buritto kry, het hy slegs drie happe geneem en besef daar was sesamsade in. ‘n Vriend het vertel hy het gaan vra vir hulp, maar die werkers van die restaurant wou nie help nie.
Dobson het nie sy EpiPen by hom gehad nie en teen die tyd wat sy vriende dit op hom kon gebruik, was dit klaar te laat. Toe die polisie hom hospitaal toe neem, was dit te laat om hom te red.
Bronne: International Business Times, Daily Mail
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Verpleegster het babas vergiftig met insulien, hoor hof



