Wêreld se oudste hond (22) dood

Deel hierdie storie / Share this story

Pebbles, die wêreld se oudste hond, is Maandag op die ouderdom van 22 oorlede.

Die Guinness World Records sê die foksterriër is aan natuurlike oorsake by haar huis in Taylors, South Carolina, oorlede.

Pebbles sou oor vyf maande haar 23ste verjaardag vier.

Sy is eers in April vanjaar as die wêreld se oudste lewende hond geïdentifiseer. ‘n Chihuahua van 21 jaar was voor Pebbles die oudste lewende hond.

Bobby en Julie Gregory, Pebbles se eienaars, het hulle hond vir die rekord ingeskryf.

Sy het ‘n “lang en gelukkige lewe” gehad, sê Guinness.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel