Voetganger val op huis se dak na motor se stamp

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Ongeluk in Bluegumlaan, Bonteheuwel, Wes-Kaap, het gistermiddag veroorsaak dat ‘n voetganger op ‘n huis se dak beland het.

Angus Mckenzie, DA-raadslid, sê die bestuurder van die voertuig het eers die voetganger gestamp en daarna in ‘n muur aan die voorkant van ‘n huis ingejaag.

Die voetganger het met die impak van die stamp tot op die dak van die huis geskiet.

Die aard van die persoon se beserings was onbekend, alhoewel alle hulpdienste op die toneel was.

FiND iT Nuus het die polisie vir kommentaar gevra.

Fotokrediet Angus Mckenzie

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel