Die Galeshewe-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe ondersoek ‘n beweerde verkragting van ‘n 34-jarige vroulike slagoffer.
Na bewering is die slagoffer Saterdag 8 Oktober 2022 voor ‘n bouvallige huis in Lethabo Park, Roodepan, gevind.
Daar word beweer dat sy deur drie onbekende mans verkrag is en later met paraffien aan die brand gesteek is.
Die slagoffer ontvang tans mediese behandeling en is in ‘n kritieke toestand.
Enigiemand met inligting kan AO Lesego Oliphant kontak by 082 495 4605 of kapt. Sebata Tsiu by 083 210 3820.
Die ondersoek duur voort.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



