The Courier Guy (TCG) sê op sy Facebook-blad dat Pey (3) nou formeel ‘n erelid van die maatskappy is.
Jane, Pey se ma, het The Courier Guy laat weet dat die dogtertjie mal is oor Mfundo, een van hul bestuurders en wanneer hy ‘n pakkie by hulle oplaai en sy kry hom nie te siene nie, huil sy.
Die maatskappy was so deur die storie geraak dat hulle Mfundo gestuur het om haar ‘n erelid van (TCG) te maak.
In ‘n video kan gesien word hoe Mfundo vir haar ballonne bring in die maatskappy se kleure. Hy gee ook ‘n TCG- korporatiewe hempie en baadjie vir die kleuter wat vol vreugde en drukkies vir Mfundo die geskenke ontvang.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



