’n Vragmotorbestuurder is in ’n kritieke toestand nadat hy Sondagoggend beheer oor sy trok verloor het en teen ’n keermuur aan die kant van die N12 in Benoni gebots het.
Die passasier in die voertuig het ligte beserings in die ongeluk opgedoen. ER24-paramedici was vanoggend om 11:20 saam met die brandweer en die metropolisie op die toneel.
Die bestuurder, ‘n 23-jarige man, was vasgekeer in die kajuit en is uitgehaal terwyl lewensondersteunings-intervensies toegepas is.
Hy is deur ‘n private nood- mediese helikopter na ‘n privaat hospitaal gevlieg vir verdere sorg.
Die 24-jarige manlike passasier is vir ligte beserings behandel en deur ER24 na ‘n hospitaal vir verdere sorg geneem. Wetstoepassers was op die toneel vir verdere ondersoeke.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



