Hilary Swank verwag ‘n tweeling

Deel hierdie storie / Share this story

Die aktrise Hilary Swank (48) is swanger met ‘n tweeling.

Nadat die Oscar-bekroonde aktrise die nuus bekendgemaak het, het sy gesê sy berei haar nou voor vir die grootste rol van haal lewe: ma-wees.

Sy het die nuus Woensdag op verskeie platforms bekendgemaak.

Swank, wat vir die afgelope twee jaar met Philip Schneider getroud is, is in die tweede semester van haar swangerskap. Sy het ook gesê daar is tweelinge in haar en haar man se families.

“Dit is iets wat ek vir ‘n lang tyd wou gehad het, en nou gaan ek ‘n ma wees. En nie net van een nie, maar van twee. Ek kan dit nie glo nie,” sê Swank.

Haar swangerskap is vir Swank ‘n seëning. “Dit is ‘n totale wonderwerk. Dit is ongelooflik.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel