In 2004 was Alex Klopper en Lian Muller maar net babas van drie maande oud in die speelgroepie by Tiekiedraai-dagsorgsentrum.
Dié eertydse doekemaats het 18 jaar se vriendskap op ‘n gepaste wyse geëer deur saam na die Hoër Meisieskool Oranje se matriekafskeid te gaan.
Hulle ouers het deur die jare vriende geword en alhoewel die Mullers 10 jaar gelede na die Paarl verhuis het, het die twee hul vriendskap lewendig gehou.
Lian, wat die hoofseun van Paarl Gimnasium is, het spesiaal na Bloemfontein gevlieg om sy plek langs sy vriendin van 18 jaar in te neem.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



