Soektog na man wat in see verdwyn

Deel hierdie storie / Share this story

Die Nasionale Seereddingsinstelling (NSRI) in Kaapstad sê ’n soektog is in die omgewing van Tafelbaai-hawe geloods nadat ‘n man in die see verdwyn het.

‘n Woordvoerder van NSRI, Craig Lambinon, sê ‘n NSRI-helikopter het by die soektog by Drieankerbaai in Seepunt aangesluit ná die man se verdwying Vrydagmiddag.

Die soek-en-reddingsagentskappe van Stad Kaapstad neem ook aan die soektog deel.