Die Oekraïense vrou, Anichka Penev (35), wat op 30 September ontvoer is, is gevind.
Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, het dit aan FiND iT bevestig.
Peneveer, wat by Blue Downs ontvoer is, is Vrydagaand gevind.
Die ontvoering het net ná 10:00 op 30 September in Ipswichweg, naby Saxdownweg, in Blue Downs, plaasgevind.
‘n Video van die ontvoering, wat voor Nioro Plastics plaasgevind het, het soos ‘n veldbrand op sosialemediaplatforms versprei.
Die omstandighede rondom die ontvoering is nog onbekend.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



