Twee jong kinders is Woensdagmiddag om ongeveer 15:30 deur die gesin se twee Pit Bull Terriërs buite hul huis in Shelby County, Tenessee, verskeur.
Hulle ma, Kirstie Jane Bennard (30), het probeer om die honde van Hollace Dean (5 mnde.) en Lilly Jane (2) te probeer wegtrek en het self onder die honde deurgeloop. Sy is in ‘n kritieke toestand met bytmerke in haar gesig en oor haar hele lyf in ‘n hospitaal opgeneem, maar is tans stabiel.

‘n Familielid het op Facebook geskryf dat daar klaarblyklik nie permanente skade is nie, behalwe ‘n hart wat nooit sal heel word nie.
Die twee kinders is op die toneel dood verklaar.
Die gruwelike aanval op die kinders het glo ongeveer 10 minute geduur. Dit is egter onseker hoe die aanval gebeur het en waarom die honde aggressief geraak het.
Cheech en Mia was glo vir meer as agt jaar deel van die familie van Kirstie en Colby Bennard met geen vorige aggressiewe insidente nie, het Bennard se vriendin, Kelsy Canfield, aan Fox News Digital gesê.
Die twee honde is deur Memphis Animal Services uitgesit.
Die uitslae van nadoodse ondersoeke op beide die kinders word afgewag.

Bronne: Shelby County Sherrif’s Office, Facebook, Fox News en New York Times
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



