KFC se beweerde hoogs-bewaarde resep glo al ‘n paar jaar gelede uitgelap

Deel hierdie storie / Share this story

Die gelyste resep is in die berig indien jy dit self wil toets. Laat weet ons gerus indien jy het en wat jy daarvan dink.

Fotokrediet Chicago Tribune

Kolonel Harland Sanders se neef Joe Ledington het in 2016 met Jay Jones van die Chicago Tribune by die Harland Sanders Cafe and Museum in Corbin, Kentucky ontmoet om te gesels oor dié nuut gerestoureerde restaurant.

Hy het glo deur ‘n familieplakboek geblaai terwyl hy sy oom onthou het. Hy het vervolgens by sy tannie se testament uitgekom toe Jones geskrewe notas op die agterkant opmerk. Dit blyk toe ‘n gelyste geskrewe resep te wees. Hy het Ledington gevra of dit moontlik dié resep kan wees.

“Dit is die oorspronklike 11 kruie en speserye wat so ‘n geheim moes wees,” het Ledington glo op daardie oomblik gesê.

Die resep lees soos volg:

11 speserye – Meng met 2 koppies meel

  1. 2/3 tlsout
  2. 1/2 t tiemie
  3. 1/2 t basiliekruid
  4. 1/3 t origanum
  5. 1 t selderysout
  6. 1 t swart peper
  7. 1 t gedroogde mosterd
  8. 4 t paprika
  9. 2 t knoffelsout
  10. 1 t gemaalde gemmer
  11. 3 t wit peper

Jones het met Yum! Brands, KFC se moedermaatskappy, probeer opvolg oor die resep wat hy gesien het en hulle het reageer met: “Baie mense het deur die jare geëis dat hulle die geheime resep ontdek het of uitgepluis het, maar niemand was ooit reg nie.”

‘n Woordvoerder het blykbaar aan die New York Times gesê: “Baie mense het oor jare hierdie eise gemaak, niemand was reg nie – hierdie een is ook nie.”

Die Tribune het natuurlik die resep getoets.

“Hoe was dit? Toetsers het inderdaad saamgestem dat die toetskombuis se gebraaide hoender beter proe as die kolonel s’n,” het Joe Gray geskryf.

Met byvoeging van MSG tot die mengsel van die 11 kruie en speserye het hulle glo ‘n identiese pasmaat van die resep wat almal ken, gehad.

Dus, indien jy dink die resep op die agterkant van die testament is die ware Jakob, is hierdie nou jou kans om dit te toets.

Bron: Chicago Tribune, New York Times en Cosmopolitan

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel