‘n Man van Williston in die Noord-Kaap het glo Donderdagaand ‘n nabye familielid doodgeskiet.
Die man is die aand van die voorval op die plaas Arbeidsfontien in hegtenis geneem.
Volgens lt.kol. Sergio Kock het Wessel Germishuys (82) en die beskuldigde (48) glo net voor die voorval gestry.
Kock sê Germishuys is verskeie kere in die bors en kop geskiet. Hy is op die toneel dood verklaar.
Na bewering is die verdagte gestrem nadat hy ‘n beroerte gehad het.
Hou FiND iT dop vir meer inligting oor die voorval.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



