Die polisie op Lebowakgomo ondersoek ‘n saak van moord nadat gemeenskapslede gister, 6 Oktober omstreeks 14:00, ‘n man se liggaam in die dam op die Ga-Chuene-dorpie in die Lebowakgomo-polisiëringsgebied ontdek het.
Lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens se soek-en-reddingseenheid is na die toneel ontbied en het met hul aankoms op die toneel die liggaam gekry. ‘n Diep wond aan die man se nek het aangedui dat hy vermoor is.
Die oorledene is geïdentifiseer as Ananias Sithole, 37 jaar oud, van Thokgwaneng Village in Lebowakgomo.
Die polisie het ‘n saak van moord geopen. Tans is die motief onbekend en daar was nog geen arrestasies nie. Polisie-ondersoeke duur voort.
Die polisie doen ‘n beroep op enigiemand met inligting wat kan help met die arrestasie van die verdagte(s) om die takbevelvoerder, kol. Nyamanyawo Thomas Baloyi, te kontak by 082 565 8234.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



