Polisiebeamptes van die provinsiale dwelm- en vuurwapeneenheid het op 4 Oktober die 41-jarige Edwin Tony Chidubem (41) en Onjebuchi Chidum (37) in hegtenis geneem vir die besit van en handel in dwelms.
Chidubem, wat glo ‘n bekende dwelmhandelaar is, is deur die polisie in ‘n motor opgemerk.
Toe hy deur die polisie voorgekeer is, het hy uit sy voertuig geklim en probeer weghardloop.

Hy is aangekeer en met 241 gram kristalmetamfetamien (tik) gevind.
By verdere ondersoek het inligting die span na ‘n huis by Felekisi gelei waar Chidum betrap is, besig om kristalmetamfetamien te pak.
Toe hy die polisieteenwoordigheid opmerk, het hy probeer om van die dwelms in die verpakking ontslae te raak, maar hy is dadelik gevang.
Hy is met 1929 gram kristalmetamfetamien en 156 gram metkatinoon (CAT) betrap, asook 680 gram kristalmetamfetamien wat hy probeer weggooi het.

Die totale waarde van die teruggevinde dwelms is R682 950. Beide beskuldigdes het op 5 Oktober 2022 in die Umbumbulu-landdroshof verskyn.
Die saak is tot 22 November 2022 uitgestel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



