Nog ‘n 57-jarige adjudant-offisier van die Kwamhlanga-polisiestasie is Dinsdag deur verdagtes aangeval en vermoor.
Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, sê AO Siyapi Jan Msiza het glo sy vriend by Msholozi Village besoek en het omstreeks 20:15 besluit om huis toe te gaan.
Sy vriende het hom om hulp hoor roep en hom met twee steekwonde in sy bors gevind.
Hy het glo aan sy vriende gesê dat twee mans hom aangeval het.
Daar is met hom na die hospitaal gejaag waar hy oorlede is.
AO Msiza was vir 32 jaar by die polisie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om aons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



