‘n Man (37) is op die Kaapstad- internasionale lughawe in hegtenis geneem nadat die polisie dwelms in sy besit gevind het.
Die man was op ‘n internasionale vlug van Dubai na Kaapstad toe Kaapstad se provinsiale dwelmeenheid vir georganiseerde misdaad Dinsdag op 4 kg kokaïen, toegedraai in sjokolade-omhulsels, by hom beslag gelê het.
Die kokaïen het ‘n straatwaarde van R2,4 miljoen.
Volgens die polisie moet die verdagte nog aangekla word. Sodra hy aangekla is, sal hy in die Bellville-landdroshof verskyn.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



