Drie persone is tans in aanhouding vir ondervraging deur die polisie na die skietmoord op ‘n Duitse toeris wat die week in die Nasionale Krugerwildtuin doodgeskiet is.
Lirandzu Themba, polisiewoordvoerder, sê die 67-jarige Duitse toeris is in Numbiweg naby die Numbi-hek van die Nasionale Krugerwildtuin doodgeskiet.
Drie persone is geïdentifiseer en vir ondervraging na die polisie geneem.
Volgens Themba werk die drie persone saam met die polisie.
Volgens die polisieverklaring was vier toeriste van Duitsland in ‘n Hyundai H1 op Numbiweg op pad na die Numbi-hek by Mdluli Safari-lodge. Hulle is deur drie gewapende mans in ‘n VW Caddy voorgekeer.
Die mans het glo die toeriste opdrag gegee om die deure van hul voertuig oop te maak, maar toe die bestuurder die deure sluit, het een van die mans hom glo koelbloedig deur die venster in die bolyf geskiet en hom noodlottig gewond.
Die slagoffers se voertuig het vir sowat 100 meter in trurat gery het voordat dit in die muur van Heroes Academy vasgery het.
Die aanvallers het glo in hul voertuig weggejaag sonder om iets van die toeriste te neem.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



