.@McDonalds & Cactus Plant Flea Market are collaborating for their adult happy meal which includes redesigned nostalgic toys from the food chain. pic.twitter.com/L94U0giWSp
— Pop Crave (@PopCrave) September 29, 2022
McDonald’s het ‘n Happy Meal vir volwassenes bekendgestel.
Die Happy Meal, wat nog nie in Suid-Afrika beskikbaar is nie, sluit ‘n “speelding” in.
McDonald’s werk saam met Cactus Plant Flea Market, wat ‘n mode-en-produksielyn het, aan die nuwe volwasse weergawe van die gewilde Happy Meal vir kinders.
Die gewildste items op die spyskaart word ingesluit en klante kan tussen ‘n Big Mac Meal of ‘n 10-stuk Chicken McNuggets Meal, wat albei ‘n koeldrank en skyfies insluit, kies.
Die volwasse weergawe het vier versamelaarsfigure: The Grimace, The Hamburglar, Birdie en .Cactus Buddy, wat deur Cactus Plant Flea Market ontwerp is.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



