Twee liggame in Bloemfontein op straat gekry

Deel hierdie storie / Share this story

Die liggame van twee persone is in Piet Humanstraat in die Hamilton-nywerheidsgebied van Bloemfontein gevind. Die polisie versoek inligting van die publiek wat sal help met die ondersoek na ‘n dubbele moord.

Die polisie is Dinsdag 4 Oktober 2022 na ‘n toneel ontbied waar die lewelose liggame van ‘n 37-jarige man en 32-jarige vrou langs mekaar op straat gelê het. ‘n Verbyganger het op die liggame afgekom.

Die manlike slagoffer se kop was met deursigtige plastiek bedek en hy het verskeie steekwonde aan die linkerkant van die bors gehad.

Die vroulike slagoffer het ook steekwonde aan haar bolyf gehad.

Enige lid van die publiek wat inligting het wat met die ondersoekproses kan help, word versoek om konst. Refilwe Motseathebe by 082 4655 945 te kontak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel