Verdagte in Nathaniel Julies-saak het eie vuurwapen gebruik

Deel hierdie storie / Share this story

Die Palm Ridge-landdroshof het gehoor hoe een van die beskuldigdes in die Nathaniel Julies-moordsaak sy eie vuurwapen en ammunisie wat hy van ‘n ander eenheid af saamgebring het, in die skietery gebruik het.

Drie polisiebeamptes word aangekla van die moord op Nathaniel Julies (16) wat in 2020 ‘n paar meter van sy huis af doodgeskiet is na hy gaan koekies koop het.

Die saak word vir ‘n tweede keer verhoor nadat die voorsittende regter Ramarumo Monama vroeër vanjaar dood is.

Een van die aanklagte wat deur die drie polisiebeamptes in die gesig gestaar word, is die besit van onwettige ammunisie.

Die koeël wat Julies se dood veroorsaak het, is ‘n nommer vyf wat ‘n verbode vorm van ammunisie is.

Kapt. Mokibelo Malatji, wat die eerste getuie was wat kruisondervra is, het aan die hof gesê Caylene Whiteboy was nog nie ‘n vuurwapen toegeken nie omdat sy ‘n leerling was.

Whiteboy het beken dat sy die skoot afgevuur het wat Julies gedood het, sewe maande na sy haar dienstydperk begin het.

Malatji het gesê Scorpion Ndyalvane van Upington is as ‘n volwaardige konstabel wat deur die taktiese reaksiespan opgelei is, gebruik.

Hy het van die vuurwapens genoem wat in Ndyalvane se besit was.“Hy het ’n skoonmaakstaaf, twee magasyne en 15 9 mm-rondtes gehad.”

Malatjie het gesê Ndyalvane het met dié items van Upington af gekom toe hy as sektorbestuurder aangestel is. Hy is ook ‘n selfoon oorhandig toe hy in Eldoradopark aangekom het

Bronne: Eyewitness News, Pan African Dispatch

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Kruisondervraging begin weer in Nathaniel Julies-moordsaak