Karringmelkskons

Deel hierdie storie / Share this story

Die karringmelk wat by die droë bestanddele gevoeg word, vervang die eier in die resep.
Maak sowat 12 skons

400 g (715 ml) koekmeel
100 g (120 ml) strooisuiker
2,5 ml bakpoeier
2,5 ml koeksoda
3 ml sout
175 g (190 ml) botter, in blokkies gesny
250 ml karringmelk
1 eier, geklits, om bo-op te verf

METODE

Plaas oondrak in middel van oond. Verhit oond tot 220 °C. Sif meel, strooisuiker, bakpoeier, koeksoda en sout saam in ’n mengbak. Voeg botter by en vryf in meel in tot dit soos broodkrummels lyk. Maak holte in middel van meelmengsel en voeg karringmelk by. Meng goed. Keer uit op meelbestrooide oppervlak en maak seker die deeg is lekker gemeng. Druk deeg plat – sowat 3 cm dik. Druk skons uit met ’n koekiedrukker. Voeg oortollige deeg saam en druk nog skons uit.

Plaas skons ’n paar sentimeter uit mekaar op ’n gesmeerde bakplaat. Smeer bietjie geklitste eier bo-op elke skon en plaas in oond. Bak 15 – 20 minute. Haal uit en sit warm voor met botter en konfyt.

WENK

Maak seker jy smeer die geklitste eier net bo-op die skons en nie aan die kante nie, want dit sal verhinder dat dit mooi rys.

Bron: Barbara Joubert
Foto: Desiree Boshoff Prins
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK