Polisiebeamptes en bure sal na verwagting Dinsdag in die herverhoor van die Nathaniel Julies-moordsaak kruisondervra word.
Nathaniel Julies is in 2020 naby sy huis doodgeskiet toe hy koekies gaan koop het.
Drie polisiebeamptes staan tereg vir die moord, asook vir regsverydeling en die besit van onwettige ammunisie.
‘n Herverhoor is begin nadat die regter in die saak oorlede is. Die herverhoor kon daartoe lei dat al 23 getuies sou moes terugkeer, maar die staat en verdediging het oor verskeie erkennings ooreengekom.
Die staat het Maandag ses getuies geroep wie se transkripsies, wat hulle bevestig het is waar, aan hulle voorgelê is.
In ‘n poging om die proses te bespoedig, het die staat en die verdeging oor verskeie punte ooreengekom. Die staat vereis nog duidelikheid oor sekere aspekte..
Bronne: Eyewitness News, Pro African Dispatch
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Nathaniel Julies se herverhoor begin na verwagting Maandag



