‘n Moordsaak word ondersoek na ‘n skietery Sondagaand by die Artizen-restaurant in KwaMashu, noord van Durban.
Volgens die polisiewoordvoerder, lt.-kol. Nqobile Gwala, is ‘n 44-jarige man deur die “uitsmyters” uit die restaurant vergesel nadat hy “’n steurnis veroorsaak het”.
Gwala het gesê die man het ‘n argument gehad met een van die ander mans in die restaurant voor hy uitgestuur is.
Die man het glo na 30 minute teruggekeer en op die mense in die restaurant geskiet. Een persoon is in die been geskiet.
Die verdagte is doodgeskiet deur een van die mense wat in die restaurant was.
Gwala sê ‘n pistool, met ‘n uitgekrapte reeksnommer, is langs die oorlede verdagte gevind.
Bronne: ECR, The Citizen
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Iran-optogte duur voort, versprei na universiteite



