Persoon in Caneside, KZN vermis

Deel hierdie storie / Share this story

Reaction Unit SA (Rusa) vra dringend die gemeenskap se hulp om ‘n vermiste 47-jarige man van Caneside, KZN, op te spoor.

Rakesh Gobind, ook bekend as Booblall, is sedert Vrydag reeds vermis.

Volgens Rusa het Gobind sy huis in Caneside Vrydag om 06:00 verlaat. Hy was vermoedelik met openbare vervoer op pad werk toe.

Sy werkgewer het sy familie in kennis gestel dat Gobind verskoning gemaak het en gesê het hy gaan ‘n familiegebedsbyeenkoms bywoon.

Sy selfoon is sedertdien afgeskakel.

Enigiemand met inligting kan Rusa by 0861234 333.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel