The scene… https://t.co/vgK24rwHGH pic.twitter.com/hea7a9oNPC
— Yusuf Abramjee (@Abramjee) October 3, 2022
Polisie in Gauteng is op soek na ongeveer vyf verdagtes wat verbind kan word met ‘n transitorooftog wat Maandag langs die Babelegi-pad in Temba, Hammanskraal, Noord van Pretoria plaasgevind het.
Lt.kol. Netshiunda, polisiewoordvoerder vir die Nasionale Polisiekommissaris, sê die bestuurder van die geldwa is deur die beweerde verdagtes tot stilstand gedwing.
Daar is op die geldwa en insittendes geskiet.
Plofstof is gebruik om die geldkaste oop te forseer waarna die verdagtes met ‘n onbekende bedrag geld van die toneel gevlug het.
“Niemand is tydens die voorval beseer nie.”
Enige persoon met inligting wat tot die opsporing en arrestasie van die verdagtes kan lei, kan die naaste polisiestasie kontak, of die Stop Misdaad-nommer by 08600 10111 of op die MySAPS-toepassing rapporteer.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



