Fase 4-beurtkrag skop in vir onbepaalde tyd

Deel hierdie storie / Share this story

Eskom het Dinsdagmiddag aangekondig fase 4-beurtkrag sal inskop na ‘n opwekkingseenheid by beide die Kendal- en Lethabo-kragstasies ophou werk het.

Die kragvoorsiener het bekendgemaak fase 4-beurtkrag sal tot verdere kennisgewing gehandhaaf word.

Hulle het bygevoeg dat verdere inligting na verwagting Woensdagmiddag gegee sal word.

Bronne: Eyewitness News, BusinessTech

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Fase 3-beurtkrag duur voort tot Donderdag